Please wait...

Continue shopping View cart & checkout
Continue shopping View cart & checkout

Need Assistance? Call Us Now 021 981 7232

Sluk Jou Woorde

Sluk Jou Woorde

Baie gesels, dink, toets, proe en herontwerp en daar staan hy – Sluk jou woorde - elke sluk vertel ‘n storie - het pas vir die eerste keer die Stellenbosse lug aanskou. Ons wil die wynbedryf in Afrikaans ‘n pret-omgewing maak. Weg is die dae van stywenek-wynproeë en -geselsies, van neus, en teug en adem en nasmaak en lang palet in die middelmond – almal ingewikkelde wynterme wat skynbaar net vir die geleerdes en kenners bestem is. Sluk Jou Woorde is ‘n unieke wynreeks wat Afrikaanse etikette met prettige name gebruik om die verbruiker aan van ons land se voorste wyne bekend te stel. Gebore uit die wingerde van die Wellingtonse en Stellenbosse wynstreek en grootgemaak in die wyntenks van die bekende Koelenhof-kelder onder die waaksame oog en in die sorgsame hande van Martin Stevens, wynmaker van formaat.

Leave a Review

Only registered users can write comments. Please, log in or register